No running around - Just Teach!

 

Klanke Kalante

 

Bied u materiaal vir klank- en spelonderrig vir gebruik vanaf Graad R/0 tot Graad 3 vir Huistaalonderrig, Graad 1/2 tot Graad 4/5 vir Eerste Addisionele Taalonderrig, asook vir Leerondersteuning vir leerders in enige graad.

 

Stel 1 vir Graad 0/R

dek die 26 klanke van die alfabet. Die leerders se luister, praat, lees, skryf, dink en taalvaardighede word ontwikkel.

Stel 1 bevat: Illustrasies, stories, 'n Pretboek vol gediggies, rympies, tongknopers, liedjies, dansies, speletjies met fyn en groot motoriese bewegings, werkvelle, 'n friesrand, asook  ʼn klankkaart.

Metode van aanbieding:
Leerders kyk na en bespreek die prent van 'n klank.
Leerder luister en bespreek storie wat onderwyser voorlees.
Die storie word herhaal totdat die leerders die klank herken wat in die storie uitgelig word.
Leerders dui die klank aan elke keer wanneer hulle dit hoor.
Die bypassende gedig/liedjie of ander aktiwiteit word aangeleer of gedoen.
Die klank se letter word voorgestel en die naam aangeleer.
Die korrekte letterformasie word met 'n interessante aktiwiteit aangeleer.
ʼn Taak word gedoen om hul luistervaardigheid te assesseer.

Stelle 2 - 5 vir Graad 1 tot 3 

nog materiaal wat genoeg ouditiewe- en visuele oefeninge, skryf –,  klank-, spel- en lees vasleggingstake bied .

Elkeen van die stelle sluit in:

Illustrasies, stories, flitswoorde,'n friesrand, werkvelle, werkboeke en nog materiaal bied voldoende geleentheid vir die ontwikkeling van die vaardighede wat leerders moet bemeester teen die einde van die Grondslagfase.

 

Stel 2:  26 kort klanke

Stel 3: Die lang klanke

Stel 4: Die dubbelmedeklinkers

Stel 5: Spel en sommige taalreëls

Back to the Top